thecorporategonzo

Just another WordPress.com site

Pateties politiek korrek- George L. Germishuys

So, in een van die mees irriterende dae in onlangse geskiedenis, ek raak maklik geirriteerd so ek het baie van hulle, sit ek in my derdejaars politieke filosofie klas en moet ek na (oningeligte) menings luister oor die bohaai oor die skildery van ons land president wat nuuswaardigheid behaal oor die president se man business uithang. Ek wil nou nie soos ‘n bitterbek klink nie, maar is dit nie hoe ons president in die eerste plek bekendheid verwerf het nie?

Terug by die punt, in hierdie klas moes ek toe luister hoe klaarblyklik opgevoede individue (hulle is immers op Universiteit) stel dat vryheid van spraak ingeperk word om die president se menswaardigheid te beskerm. “Askuus??” het ek met behulp van uiters lelike vloekwoorde gedink. Is dit hoe ver ons sedert 1994 gekom het? Het ek ‘n liberale grondwet en slaggate in my pad net om te sien hoe my tydgenote gewillig is om vryheid van spraak by die ruit uit te gooi ter ere van ‘n man met ‘n gr 3 opvoeding? Is die grondwet werklik net ‘n stuk papier wat deur die politici gebruik word om hulself my af te vee, lyk my nou kan dit gebruik word om studente se onkundige snert ook van hul mondhoeke mee af te vee. Daarna kan dit in die hoek gegooi word, en nader geroep word as ons weer kan toyi-toyi. Ooo, maar dit gaan lekker in die beloofde land.

Politici in Amerika word genadeloos gasatiriseer op programme soos Saturday Night Live, en sien dit as deel van hul lewe as publieke figure. Ons politici het nog nie daai sprong gemaak nie, die publiek ook nie.

Met alles in ag genome het my gedagtes hierna verskuif na wat die invloed hiervan op die korporatiewe omgewing is. Wat is die invloed van oordrewe politieke korrektheid op die individu in die werkplek. Stres, sal ‘n mens kan argumenteer. Migraine broeiende stres en spanning, na dae aaneen, dag na dag se geluister na sinnelose snert en tierlantyntjie versierde woorde om te dans om die details. My Oupa, ‘n vreeslike eksentrieke man, en na wat ek kan agterkom ‘n drenkeling, het altyd deur sy Texan rook en Harrier whisky damp vir my gese: “Van (my naam) Call a spade a spade.” Ek sal dit nooit vergeet nie.

Mens moet ‘n ding noem op sy naam, dis die eerste stap om die kwaal te ontwortel. Partykeer moet mens net F*K se, maar sien mens kan dit nie eers tik nie.

Dankie Verwoerd, De Klerk, Mandela,Mbeki en Zuma. Dankie vir niks Suid Afrika.

Die Besigheidsete…

Goeie tafelmaniere is uiters belangrik of dit nou vir ‘n formele besigheidsete is en of dit nou die eerste keer is wat jy by die skoonfamilie gaan eet. Elke geleentheid het sekere etiket reëls wat van toepassing is byvoorbeeld jy gaan nie by ‘n formele ete vinger-lek-lekker eet nie en so ook gaan jy nie in KFC verwag dat die flink en vinnige lewenslustige personeel jou stoel vir jou gaan inskuif nie. Goeie tafelmaniere was nog altyd ‘n belangrike faktor om ‘n goeie indruk te maak veral in die korporatiewe wêreld waar daar al meer klem gelê word op die bou van internasionale besigheidsverhoudinge. Dit kan jou korporatiewe sukses so wel as persoonlike lewe raak. Jy kommunikeer nie net deur middel van woorde met mense nie, jou nie-verbale taal kan meer verklap oor die mens wat jy is as wat jou woorde kan vertel. Vir die gene wie se senuwees bietjie knaag oor watter vurk om eerste te gebruik, wat om met die servet te doen of wat die korrekte metode is om in jou tande te krap volg hier ‘n paar tips.

Kom ons begin aan die linkerkant. Die broodbordjie. Die doel van die broodbordjie is om jou brood en slaai in te skep sodat die verskillende kosse nie meng nie. Die doel van die broodbordjie is nie om jou beechie in te stoor nie (en om hemels naam, asseblief moenie ‘n beechie aan tafel kou nie). Die servet sal gewoonlik op die broodbordjie geleë wees. Wag vir die kelner om die servet op jou skoot te plaas, indien hy dit nie doen nie sit dit self op jou skoot. ‘n Servet word nooit om jou nek gebind nie, jy is nie meer ‘n baba nie. Na die ete word die servet interessant genoeg liggies opgefrommel en nie opgevou nie. En nou vir die groot kopkrapper: die eetgerei. Die vurke is aan jou linkerkant geleë. Begin buite en werk na binne soos die geregte bedien word. Messe en lepels kom aan jou regterkant en dieselfde reel geld vir hulle ook, werk van buite na binne. Die nagereg eetgery sal bo jou bord geleë wees. Die glase op die tafel werk so: Die witwyn glas is kleiner as die rooiwyn glas. Witwyn word aan die steel vasgehou sodat die wyn nie warm in jou hand word nie. Rooiwyn word by kamertemperatuur bedien so dus kan jy dit aan die glas self vashou.

Verdere etiket maniere wat onthou kan word is om nie jou bord te draai as jy eet nie.Jy hoef nie al die kos op jou bord op te eet nie, maar as jy klaar geët het sit jou mes en vurk teen mekaar. Beentjies word nooit op die broodbord gelos nie, alles wat in die bord was word weer terug op die bord geplaas. Moenie by ’n formele ete met jou hand eet nie, dit pas meer by ‘n infromele ete. As daar ‘n bakkie met warm water op die tafel is, is dit ‘n teken dat jy wel met jou hande mag eet. Moet asseblief ook nooit jou vingers klap om die kelner nader te roep nie. Dit is nie goeie maniere om met kos in jou mond te praat of oop mond te kou nie, niemand wil die half verteerde koei in jou mond sien rond rol nie. Moet nooit jou eetgery aan tafel aflek nie, as die kos vir jou so lekker was bedank die sjef. Dit is nie ‘n goeie idee om met jou eetgery (veral jou mes) te beduie nie, jy gaan nie juis ‘n ambassadeur vir jou organisasie wees as jy ‘n kliënt onthoof of ontman nie. Moenie jou drankie of sop op slurp nie gebruik ‘n lepel en moet ook jou bakkei optel en daaruit drink nie. Dit is slegte maniere om met jou elmboë op die tafel te leun. Moenie in jou tande krap met jou vingers nie, as jy regtig benoud is dat daar dalk ‘n stukkie hasie kos in jou pearly whites vassit gebruik ‘n tandestokkie en verkieslik ook as jy alleen is. Om winde op te breek en ‘n windjie uit te squeeze is nog nie in die westerse kultuur so aanvaarbaar soos wat mens hoop nie so dus moet dit liefs nie probeer nie. Moenie rek en strek om iets op die tafel by te kom nie, vra beleef dat iemand naaste aan die voorwerp dit vir jou aangee. As jy hierdie eenvoudige reëls volg het jy niks om oor te bekommer nie.

 Jou nuwe kliënt ( of skoonma) sal beslis in hulle skik wees en die besigheidsaanbod sal gou met ‘n glasie sjampanje beklink word.

– Elphia Baard

Uit ‘n emosionele dame se mond: Dinge wat jy moet en nie moet doen in die korporatiewe werksomgewing…

Ek moet dalk begin dink aan ‘n skuilnaam dat my skaars verskynings nie onopgemerk gaan nie. Die Skim klink gepas, want dis die enigste naam waaraan ek kan dink wat nie aan ‘n skoonmaakmiddel herinner wat met my noemnaam rym nie. Dis ook nie ‘n homofoon daarvan is nie.

Die toetsweek bekruip ons, opsommings, notas en uitgeskeerde papiere begin weer my hele kamer vol lê en aangesien daar ‘n afwesigheid aan ouers is (ons is mos nou “volwassenes” wat uit die kooi geskop is en in die volwasse wêreld vrygelaat is) is daar absoluut die minimale behoefte om die vertrek op te ruim.

Ek dwaal van die punt af… Terug by die blog…

Ek het op ‘n artikel (dis eintlik net ‘n antwoord deur ‘n desperate dame wat nie kwaai benader wil word in haar korporatiewe omgewing nie) afgekom wat my aandag gevang het. Daar is tog waardevolle raad wat opspring deur die loop van haar antwoorde.

Die titel van die artikel is “Being an Emotional Women in a Corporate Environment – Do’s and Don’ts,” dis beskikbaar by http://babesonbaystreet.com/2010/02/17/being-an-emotional-women-in-a-corporate-environment-dos-and-donts/ vir die belangstellendes.

– Let wel ek het ook die spelfout opgemerk.

As mens is dit so dat ons gevul met emosies is, sommiges steek dit weg waar ander op elke moontlike kans wat hulle kry net seker wil maak dat elke enkele siel in hul omtrek presies weet hoe hulle oor ‘n saak voel.

Die feit bly staan dat daar ‘n goeie balans moet wees tussen watter emosies om wanneer in die korporatiewe werkplek na vore te bring.

Ek gebruik ‘n paar voorbeelde wat die dame genoem het in my plasing op die blog.

Eerstens is sy van mening dat dit belangrik is om nie emosies in die werkplek te onderdruk nie, veral empatie. Indien jy bewus is van ‘n medewerker wat moontlik iemand ken wat die tydelike met die ewige verwissel het is dit belangrik om vir dié persoon in kennis te stel dat jou gedagtes uitgaan aan hom/haar.

Die volgende ene het egter meer my interessantheidsvlakke geprikkel: “Woede in die werkplek is aanvaarbaar, maar slegs binne sekere perke.”

Sy is van mening dat dit nie reg is om iemand in verleëntheid te bring deur hulle in die publiek (waar ander werkers kan sien) te skel of aan te vat nie en om na die tyd om verskoning te vra is onaanvaarbaar. Jy moet die persoon op ‘n vriendelike manier vra of hulle eenkant toe sal staan waar daar privaatheid is voor daar enigsins geskel word… Ek stem saam dat dit die mees professionele benadering is en glo dat dit meer toegepas moet word. Ek was self al verskeie kere skuldig aan die voorafgaande.

Sy sluit af waar sy noem dat die vroulike geslag gereeld trane moet uitskei indien daar konflik situasies is. Daarvoor beveel sy aan dat indien jy ‘n dame is jy eerder nie in die publiek moet huil nie, maar eerder na die lokaal waar die neusies gepoeier word moet verdaag. Sy het begin werk in 1980 en destyds was haar werksogewing beslaan deur die manlike geslag wat dit as ‘n teken van swakheid beskou om in die publiek te huil.

My gevolgtrekking uit haar artikel maak dat ek die volgende raad aan die vroulike geslag in die korporatiewe omgewing wil deurgee, dis slegs twee skuinsgedrukte woorde met ‘n koppelteken tussenin wat jou ver kan bring: man-up.

Deur Wim Pretorius

Dood ernstige, Dood noodsaaklike reels vir korrekte kleredrag in die korporatiewe omgewing

Aangesien ons almal binnekort en hopelik sonder enige eksterne teenspoed die korporatiewe malle meule gaan betree en weer as ‘n verbouereerde ‘eerstejaartjie’ van bakboord na stuurboord gaan hardloop kan ons ten minste seker maak ons lyk goed as ons dit doen. Hier is ‘n paar handige tips (kom ons noem dit eerder dood ernstige dood noodsaaklike reëls) vir korrekte kleredrag in die korporatiewe omgewing. 

Liewe mansmense asseblief let op die volgende: Jy moet altyd ‘n langbroek werk toe dra, behalwe as jy by Agrimark werk, dra gerus dan ‘n kortbroek. Jou sokkies moet altyd by jou broek se kleur pas. Jy mag nooit wit sokkies by jou werksklere dra nie, tensy jy ‘n kleurblinde pedofiel is of dit Michael Jackson herdenkingsdag by die werk is. Donkerblou en grys sokkies pas nie by ‘n swartbroek en swartskoene nie. As jy nie by Benoni se bikeworld werk of by Ramp Divas (‘n populêre dragqueen nagklub in Johannesburg) mag jy onder geen omstandighede skoene dra waarvan die sole hoër as 1cm is nie. As die skoen enige metaal insetsels het hetsy ‘n gespe of ‘n tipe stud, dra dit dan glad nie mense gaan jou assosieer met die onderwêreld “Libanese prins” Sam Hamade. ‘n Korthemp met ‘n das (wat heel waarskynlik te kort is) lyk moer kommin, hou op daarmee. Moet nooit ‘n das met animasie karakter daarop dra as jy ernstig op geneem wil word nie, lyk soos CNN nie CN (Cartoon Network) nie. Moet ook asseblief nooit jou sokkies waarop staan “Sexy legs” met ‘n prentjie van padda boudjies werk toe dra nie, rock dit maar liewers saam jou Croc-naweekpakkie.

Aandag alles dames ‘n G-stringetjie wat boontoe ry gaan verseker nie jou by die korporatiewe leer laat op seil nie, daar is ‘n rede hoekom dit Victoria’s secret genoem word, kom ons hou dit so. ‘n Bra is ‘n redelike noodsaaklikheid vir alle geleenthede tensy jy van Europa afkomstig is op hierdie punt, dit sal meeste vroue verbaas, maar jou borste hoort eintlik binne in jou hemp nie buite nie dit is nie smaakvol nie. As jy volledig gebou is en ‘n paar rolletjies besit moenie ‘n boobtube dra of stywe rokkies nie, ‘n stukkie suurdeug wat onder jou klere borrel is onaantreklik. ‘n Broek gemaak uit wit of beige (veral as dit rekmateriaal is) is nie altyd vleiend nie, dit lê klem op die haelskade en lemoenskil op jou derriere (moenie huil nie almal het dit, al steek baie dit onder hulle Verimark slim en trim’s weg).

Jou hare mag ook nie so groot wees dat dit teen die plafon skuur nie, niemand gee om of jy duur vir Hannon se spuit en buig betaal het nie. Hare mag ook nie te veel haarsprei in hê dat dit lyk soos gegroomde spookasem nie. As jy hakskoene wil dra mag die hak nie breër as 3cm wees nie, brand en gooi daai hakskoene weg (jy moes dit al in die 90’s gedoen het). Sykouse wat gate in het is onaanvaarbaar kleur die gatjie in met ‘n cokee of koop nuwes, dit is onaanvaarbaar tensy jou kantoor goed belig en op ‘n hoek geleë is.

Hier volg sommer ‘n paar unisex reëls: Jou belt is gemaak om jou broek bo te hou, dit is nie vir jou selfoon, knipmes of sonbril bedoel nie. Haal jou sonbril af wanneer jy met iemand gesels tensy jy sopas iets gesteel het. Jou kam hoort in die badkamer nie in jou kouse nie, maak nie saak wat jou pa gesê het nie. Jou broek se bokant moet op jou heupe sit, nie onder jou arms of onder jou gat nie, niemand stel belang in watter onderklere jy aan het of budget cuts wat jy onlangs op onderklere gemaak het nie.

Jou voorkoms straal die beeld van jou organisasie uit, so lyk professioneel lyk netjies en laat ‘n goeie eerste indruk op die mense waarmee jy te doen kry. Almal kan goed lyk net deur biejtie te dink wat jy doen as jy jouself aantrek. -Elphia Baard

‘n Mening oor menings

George Germishuys

Om ‘n mening van jou eie te opper is deesdae ‘n baie hipster ding. Kinders word van vroeg af aangeraai om vir hulself te dink, en hul eie opinies te gee. Maar wat is ‘n opinie nou eintlik? Is daar iets soos ‘n opinie van jou eie? Nee, nee daar is nie.

Waar kry iemand ‘n mening, ‘n opinie? Nie by hul eie oortuiging nie, maar eerder by ‘n metaforiese opinie winkel. Hierdie winkel wat bestaan uit massa media, flieks, televisie, musiek, politiek, wat my ma dink, wat my pa dink, wat die cool kids dink en wat Kim Kardashian dink.

‘n Voorbeeld om my mening oor menings te staaf, is die “Occupy” en “Invisible Children” veldtogte. Hoekom het dit so baie aandag geniet? Nie omdat elke liewe hoodrat met ‘n flatbrim hat ‘n universele besef gehad het dat kindersoldate nie cool is nie, nee. Omdat daar ‘n lekker video was wat op Facebook die heeltyd repost is.

Ons word vertel wat om te dink, en wat om vir ander te vertel. Dis hoe dit is, en dit hoe dit altyd was. ‘n Mening is niks, ‘n mening bestaan nie. As jy verskil, is dit jou mening.

Maar hierdie is myne.

Studente en sosiale media.

Een van die dinge wat my die meeste van my generasie pla, is die manier hoe ons (en ek sê “ons”, want niemand van ons doen sosiale media regtig reg nie) sosiale media aanwend.  Lamebook is ‘n goeie voorbeeld hiervan.  Mense wat foto’s van hul middagete/hubbly-sessies/en hul algemene onvermoë om reg te spel ten toon te stel raak soms net een te veel.

 

 

In ‘n artikel wat ek raakgetwiet het, deel Kate Brodock (wat self soms foto’s van haar kos twiet) hoe studente sosiale media kan inspan om hul loopbane te bevorder.  Behalwe vir algemene dinge soos dat dit networking bevorder en jou gebruik daarvan bitter baie deure vir jou kan oopmaak (en toe maak), ignoreer Generasies-X en ouer nogsteeds die waarskuwing om nie oor die lyn van van oversharing te trap nie. Lees egter die hele artikel hier.

 

O, en net vir kicks, hier is ‘n klassieke voorbeeld van hoe Twitter/Facebook nie gebruik moet word nie.

 

-Jacques Cilliers

http://www.webuildyourblog.com/blogging-guide/top-blogging-topics-write/

http://www.webuildyourblog.com/blogging-guide/top-blogging-topics-write/

Ek weet nie of dit net vir my of vir julle ook nogals n gekopkrappery is as dit kom by die topic om oor te blog nie. Wel, ek het bietjie gaan uitvind wat se die “kenners”, en dis nogals heel amusant!

Die link is hier bo, so volg hom en hopelik help dit iemand anders behalwe vir my.

ewe skielik raak ek toe gonzo

As gevolg van ‘n verskeidenheid redes sit ek in die Mac-lokaal 19:52 op die 21ste Maart 2012. Onder hierdie redes tel dat ek my uitleg vroegtydig moet doen, omdat ek Vrydag al huistoe gaan en dat die Puk my bliksemse internet gebreek het, sekerlik die swaarste. Ek betaal ook my nege honderd en watookal hoeveel Rand, Sleutelbord, hoe lyk dit met bietjie diens Sleutelbord?

As gevolg van ‘n nog meer wye verskeidenheid redes is ek ook mismoedig op hierdie Woensdagaand. En met die klank van ‘n kopseer en ‘n lugverkoeler wat nie werk nie en die flikker van die LG skerm voor my besef ek. ek was nog nie gonzo nie. Mens hoef seker nie te wees nie, maar ek laaik vir Hunter S. Thompson en Ernest Hemingway, jy sien. Ek het ook ‘n soliede dosis paranoia oor die samelewing oor die algemeen en ‘n (klein )smaak vir drank. Ek dink dis een van die min plesiertjies wat ‘n wit man in Suid-Afrika nog oor het.

Darem is ek en my meisie more ‘n jaar al saam. Darem altyd ‘n spreekwoordelike silwer lyntjie.

Omdat ek onlangs my gunsteling boek, The Rum Diary, deur Hunter S. Thompson se fliek gekyk het. Het ek besef dat mens eintlik korporatiewe media moet en kan wantrou, dit is immers ‘n advertensie blad vir rand en sent en voornemende rande en sente. Dus, kan dit seker nie eintlik vertrou word nie. Dink ek. Tjek, hier’s ‘n ou wat ook so dink: (ja, ek het dit gecopy paste, nee dis nie plagiaat nie. Ek het dit op Tumblr gekry, oukei?)

://hereiamnyc.tumblr.com/post/128758685/you-may-be-brainwashed-by-corporate-media-if-you

Dit help seker om te skryf oor wat mens moet wantrou, maar dit vat nie die kopseer weg nie, dit laat die lugverkoeler nie werk nie en die skerm hou ook nie op met flikker nie. Met andere woorde is dit tyd vir nog een, of tyd om te slaap. Watookal.

George L. Germishuys

 

Die ipad: Speelding na korporatiewe gereedskap

Die bemarking van die Ipad het hoofsaaklik uit advertensies bestaan waarin ‘n man in die gemak van sy eie huis op sy rusbank kon Facebook, Foto’s kyk, gou-gou op die internet gaan of ‘n boek lees.  Die advertensie veldtogte was hoofsaaklik gemik op algemene verbruikers. Daar was nooit ‘n man in formele pak besig om sy korporatiewe e-posse te lees of besigheidsvoorstelle saam te stel nie, maar tog al hoe meer vind ons die Ipad in formele instellings.

Volgens UX Magazine het die aanvraag vir ‘applications’ soos keynote, pages, numbers en documents verhoog wat dus ‘n aandeiding is dat ipads al hoe meer (tussen deur die speel van Angry Birds) vir werksdoeleindes aangeskaf word. Finansiële en Gesondheids sektore vind veral aanklank by die gebruik van ipads. Mediese personeel kan baie baat vind by die gebruik van ipads omdat dit maak dit soveel makliker vir dokters en verpleegsters om te kommunikeer, pasiënte kan vinniger toetsuitslae ontvang en dokters kan mediese rekords en kaarte vinniger bereik. Die Ipad se mobiliteit, lang battery lewe en maklike verstaanswyse maak dit ‘n aantreklike apparaat om te hê vir persoonlike so wel as korporatiewe gebruik.

Die toenemede gebruik van die ipad in die korporatiewe omgewing bied ruimte vir die ontstaan van die volgende vraag: Is die ipad nodig om innoverend en kompeterend te bly teenoor ander korporatiewe instansies? Dit hang af van elke organisasie of die organisasie omgewing sal baat by die inisiëring van ‘n ipad as werksapparaat. Die organisasie sal kostes, sekuriteit en die hoeveelheid beplanning wat in die inisiasie sal in gaan in ag moet neem. Volgens UX Magazine is daar in ‘n gevallestudie bevind dat die ipad het nie aan nuwe unieke behoeftes van werknemers vervul nie dus was daar nie so ‘n groot verskil te bespeur nie. Dit het wel verander waar, wanneer en hoe werknemers take voltooi. Die persone wat die meeste daarby baat  gevind het was werknemers wat baie reis vir werknemers wat verantwoordelik is vir administratiewe werk sal ‘n ipad nooit ‘n rekenaar/skootrekenaar kan vervang nie omdat die insleutel van die data te kompleks is. Daar is ook bevind dat daar meer foute in tree by die inlees van data op ipads.

Die aanskaf van ipads in die korporatiewe omgewing hang af van elke organisasie se behoeftes en omstandighede, dit is belangrik dat ‘n organisasie die finansiële kapitaal daarvoor het. Dit is belangrik om te besef dat nie alle werknemers daarby sal kan baat nie, maar ek is seker geen werknemer sal ‘n ipad in die bek kyk nie.  

Deur Elphia Baard

 

15 maatskappye wat korporatiewe blogging “kry”

Ja, my titel is ‘n direkte vertaling! Ek het op so interessante ding afgekom van “15 companies That Really Get Corporate Blogging”… Die naam sê eintlik alles so glo nie ek hoef veel meer uit te brei nie. Spekuleer gerus die link, ek dink mens kan nogal iets leer oor blogging:

http://www.sitepoint.com/15-companies-that-really-get-corporate-blogging/