HelloGiggles: Hipster-liefde of Baanbreker blogging?

by thecorporategonzo

HelloGiggles geniet vrek baie aandag. My tumblr en twitter tydlyne was die afgelope paar maande vol reblogs en retweets van hierdie blog, maar ek byt nog steeds nie.

HelloGiggles se stigterslede

Hoekom nie? Seker omdat ek ‘n man is. HelloGiggles is volgens mede-skepper Zooey Deschanel (daai 500 Days of Summer meisie) ‘n aanlyn platform waar vroue” kreatief kan verkeer”. Die girly-ness van die blog is verbysterend. In my brein, het HelloGiggles regmerkies by alles wat ek dink ‘n blog moet wees en hê. Dis bitter user-friendly, en eenvoudig. Daar is ‘n groot verskeidenheid artikels , videos, en gonzo-agtige opiniestukke wat bo-gemiddeld vermaaklik vir hul teikenmark is. ‘n Vriendin van my (wat van Kalifornië kom) lief HelloGiggles met als in haar, want dis “entertaining and awesome (in ‘n DIK Amerikaanse aksent)”.

Every article must have a lesson learned, or contribute something to our readers — we really want to make sure that it’s not a personal blog.” – Sophia Rossi // Mede-stigter, HelloGiggles.

Die rede vir hierdie blogpost oor HelloGiggles? Hul branding, eenvoud, en relevantheid is ‘n goeie voorbeeld van hoe ‘n blog behoort te lyk.  Is dit dalk die standaard?  TheCorporateGonzo is ‘n poging tot ‘n blog oor korporatiewe joernalistiek – met die hoop om ‘n lekker standaard (soos HelloGiggles) te handhaaf.

(Ek’s jaloers op hoe hulle dit regkry, van die os op die jas).

-Jacques Cilliers

Advertisements