thecorporategonzo

Just another WordPress.com site

Month: March, 2012

http://www.webuildyourblog.com/blogging-guide/top-blogging-topics-write/

http://www.webuildyourblog.com/blogging-guide/top-blogging-topics-write/

Ek weet nie of dit net vir my of vir julle ook nogals n gekopkrappery is as dit kom by die topic om oor te blog nie. Wel, ek het bietjie gaan uitvind wat se die “kenners”, en dis nogals heel amusant!

Die link is hier bo, so volg hom en hopelik help dit iemand anders behalwe vir my.

Advertisements

ewe skielik raak ek toe gonzo

As gevolg van ‘n verskeidenheid redes sit ek in die Mac-lokaal 19:52 op die 21ste Maart 2012. Onder hierdie redes tel dat ek my uitleg vroegtydig moet doen, omdat ek Vrydag al huistoe gaan en dat die Puk my bliksemse internet gebreek het, sekerlik die swaarste. Ek betaal ook my nege honderd en watookal hoeveel Rand, Sleutelbord, hoe lyk dit met bietjie diens Sleutelbord?

As gevolg van ‘n nog meer wye verskeidenheid redes is ek ook mismoedig op hierdie Woensdagaand. En met die klank van ‘n kopseer en ‘n lugverkoeler wat nie werk nie en die flikker van die LG skerm voor my besef ek. ek was nog nie gonzo nie. Mens hoef seker nie te wees nie, maar ek laaik vir Hunter S. Thompson en Ernest Hemingway, jy sien. Ek het ook ‘n soliede dosis paranoia oor die samelewing oor die algemeen en ‘n (klein )smaak vir drank. Ek dink dis een van die min plesiertjies wat ‘n wit man in Suid-Afrika nog oor het.

Darem is ek en my meisie more ‘n jaar al saam. Darem altyd ‘n spreekwoordelike silwer lyntjie.

Omdat ek onlangs my gunsteling boek, The Rum Diary, deur Hunter S. Thompson se fliek gekyk het. Het ek besef dat mens eintlik korporatiewe media moet en kan wantrou, dit is immers ‘n advertensie blad vir rand en sent en voornemende rande en sente. Dus, kan dit seker nie eintlik vertrou word nie. Dink ek. Tjek, hier’s ‘n ou wat ook so dink: (ja, ek het dit gecopy paste, nee dis nie plagiaat nie. Ek het dit op Tumblr gekry, oukei?)

://hereiamnyc.tumblr.com/post/128758685/you-may-be-brainwashed-by-corporate-media-if-you

Dit help seker om te skryf oor wat mens moet wantrou, maar dit vat nie die kopseer weg nie, dit laat die lugverkoeler nie werk nie en die skerm hou ook nie op met flikker nie. Met andere woorde is dit tyd vir nog een, of tyd om te slaap. Watookal.

George L. Germishuys

 

Die ipad: Speelding na korporatiewe gereedskap

Die bemarking van die Ipad het hoofsaaklik uit advertensies bestaan waarin ‘n man in die gemak van sy eie huis op sy rusbank kon Facebook, Foto’s kyk, gou-gou op die internet gaan of ‘n boek lees.  Die advertensie veldtogte was hoofsaaklik gemik op algemene verbruikers. Daar was nooit ‘n man in formele pak besig om sy korporatiewe e-posse te lees of besigheidsvoorstelle saam te stel nie, maar tog al hoe meer vind ons die Ipad in formele instellings.

Volgens UX Magazine het die aanvraag vir ‘applications’ soos keynote, pages, numbers en documents verhoog wat dus ‘n aandeiding is dat ipads al hoe meer (tussen deur die speel van Angry Birds) vir werksdoeleindes aangeskaf word. Finansiële en Gesondheids sektore vind veral aanklank by die gebruik van ipads. Mediese personeel kan baie baat vind by die gebruik van ipads omdat dit maak dit soveel makliker vir dokters en verpleegsters om te kommunikeer, pasiënte kan vinniger toetsuitslae ontvang en dokters kan mediese rekords en kaarte vinniger bereik. Die Ipad se mobiliteit, lang battery lewe en maklike verstaanswyse maak dit ‘n aantreklike apparaat om te hê vir persoonlike so wel as korporatiewe gebruik.

Die toenemede gebruik van die ipad in die korporatiewe omgewing bied ruimte vir die ontstaan van die volgende vraag: Is die ipad nodig om innoverend en kompeterend te bly teenoor ander korporatiewe instansies? Dit hang af van elke organisasie of die organisasie omgewing sal baat by die inisiëring van ‘n ipad as werksapparaat. Die organisasie sal kostes, sekuriteit en die hoeveelheid beplanning wat in die inisiasie sal in gaan in ag moet neem. Volgens UX Magazine is daar in ‘n gevallestudie bevind dat die ipad het nie aan nuwe unieke behoeftes van werknemers vervul nie dus was daar nie so ‘n groot verskil te bespeur nie. Dit het wel verander waar, wanneer en hoe werknemers take voltooi. Die persone wat die meeste daarby baat  gevind het was werknemers wat baie reis vir werknemers wat verantwoordelik is vir administratiewe werk sal ‘n ipad nooit ‘n rekenaar/skootrekenaar kan vervang nie omdat die insleutel van die data te kompleks is. Daar is ook bevind dat daar meer foute in tree by die inlees van data op ipads.

Die aanskaf van ipads in die korporatiewe omgewing hang af van elke organisasie se behoeftes en omstandighede, dit is belangrik dat ‘n organisasie die finansiële kapitaal daarvoor het. Dit is belangrik om te besef dat nie alle werknemers daarby sal kan baat nie, maar ek is seker geen werknemer sal ‘n ipad in die bek kyk nie.  

Deur Elphia Baard

 

15 maatskappye wat korporatiewe blogging “kry”

Ja, my titel is ‘n direkte vertaling! Ek het op so interessante ding afgekom van “15 companies That Really Get Corporate Blogging”… Die naam sê eintlik alles so glo nie ek hoef veel meer uit te brei nie. Spekuleer gerus die link, ek dink mens kan nogal iets leer oor blogging:

http://www.sitepoint.com/15-companies-that-really-get-corporate-blogging/

Kreatiwiteit deur koerante te bekrap.

Ek’s al vir maande op die “wees kreatief”-trein.  Ek raak vinnig verveeld met bladuitleg en skryf, veral as ek stories oor kersfees of paasfees of skoonheidskompetisies kreatief moet doen.  Daarom lees ek (soos ‘n masjien) dinge wat my uitdaag en uit die boks laat dink.

 

My held (in terme van kreatief dink) is Austin Kleon. Hy beskryf homself as “a writer who draws”.  Sy projekte is belaglik (in ‘n goeie manier).  My gunsteling is egter “Newspaper Blackout Poems”.  Ek lief musiek, feeste, en om te kan reis, en in sy SXSW-tema “Newspaper Blackout” (SXSW staan vir South By SouthWest, wat ‘n musiekfees is, vir die wat wonder) breek hy weer my brein.  Sien hoekom hier.

 

 

Ek’s weereens jaloers.  Volg hom egter op Twitter, kyk sy Tumblr, of bly maar eenvoudig en vervelig.

 

-Jacques Cilliers

Wat moet Korporatiewe Kommunikasie in ‘n organisasie doen?

Volgens die Internasionale Korporatiewe Kommunikasie organisasie moet korporatiewe kommunikasie in ‘n optimaal funksionerende organisasie die volgende verrig:

– Sterk korporatiewe kultuur kweek

– Koherente korporatiewe identiteit skep.

– Geskikte korporatiewe filosofie struktureer.

– Goeie korporatiewe burgerskap kweek.

– Gesonde verhoudings met die pers skep.

– Vinnige en verantwoordelike maniere van kommunikasie krisis bestuur kan doen.

– Kommunikasie tegnieke en tegnologie verstaan.

– Gesofistikeerde benadering teenoor globale kommunikasie he.

Die manier hoe ‘n organisasie met werknemers, media en belangegroepe kommunikeer bring die organisasie se waardes en filosofie na vore.

Elphia Baard

10 van die bestes- Die beste korporatiewe blogs

In ‘n onlangse artikel wat ek raak gelees het, het op www.businessgrow.com het Mark W Schaefer gestel dat hy op die tien beste korporatiewe blogs ter wereld besluit, terwyl hy ‘n sosiale media bemarkings program by Rutgers Universiteit aangebied het. Hy het deur honderde blogs gewerk wat deel vorm van die spreekwoordelike steenkool hoop wat blogging vandag is, om met ‘n paar diamante vorendag te kom.

Voor die top tien aangekondig word, is daar ‘n paar algemene observasies wat hy gemaak het. Die eerste is dat die beste blogs gedomineer word deur die “tech” sektor. Hy stel dat hulle so ver voorloop dat dit onregverdig is om hulle met die res te vergelyk. Die speelveld is ongelyk. Dis soos om die WP teen die Kimberley polisie ‘n rugby wedstryd te laat speel, en hulle te blinddoek en die halfjack vir na die tyd vir hulle voor die tyd in te jaag en om Schalk se ritalin weg te steek. ‘n Baie slegte idee. IBM, SAP en Oracle is volgens hom voorbeelde van innoverende en uitstekende blogs. Tweedens het korporatiewe blogging heeltemal aanbeweeg vanaf die idee van blogging vir joernaal inskrywings.

Die blogs wat dus op hierdie meriete lys verskyn is “non-tech” blogs, omdat “tech” blogs te ver gevorderd is.

Caterpillar, die van stootskraper en klere en bootse faam, het ‘n uitstekende blog met die doel van probleemoplossing, gemeenskaps-bou en lojaliteit. Caterpillar het aparte blogs gebaseer op industrie gestig, met sub-kategoriee vir elke industrie, bv. produkte, veiligheid en probleem oplossing. Die maatskappy maak uitstekende werk daarvan ok hul teikenmark te bereik, om die gemeenskap te gebruik om probleme op te los en om kliente idees te vergoed.

‘n Tweede uitstekende korporatiewe blog is Starbucks s’n. Die doel van die blog is nuwe produk ontwikkeling en om die publiek te betrek. Starbucks is die voorlopers met sosiale media bemarking. Hulle gebruik hul blog as ‘n “global brainstorming platform” Kliente gee idees vir nuwe produkte en selfs winkel ontwerp. Die maatskappy blog oor die idee’s, omtrent 100 000 tot dusver en die lesers bou op hierdie idees deur kommentaar.

‘n Derde voorbeeld van ‘n goeie korporatiewe blog is die van Patagonia, ‘n buitelug klere handelsmerk. Die doel van hul blog is om die handelsmerk beeld te komplementeer en om die gemeenskap te betrek. Die maatskappy verkoop avontuur klere, asook die avontuur.Mens moet verlief wees op ‘n blog met ‘n deel getiteld: “waking up puking.” Die cool ding van blog is dat dit mens se kliente in staat stel ommens se handelsmerk belofte deur hulle stories te dra, en hierdie blog stel hulle in staat om dit te doen.

Dis net drie van die voorbeelde, as jy al tien wil sien, tjek die link. Dis nogal stout: http://www.businessesgrow.com/2011/01/05/the-10-best-corporate-blogs-in-the-world/

George Germishuys

HOEKOM MOET ONS BLOG?

Ek gaan dit erken ek het ‘n groot vet sug gekreun toe ek hoor ons moet op ‘n daaglikse basis blog.  Ek weet nie wat blog is nie. Ek weet nie hoe blog ‘n mens nie.  Ek het nog nooit ‘n blog gelees nie en nou moet ek blog. Blog is na my mening nie eers ‘n lekker woord nie. Dit blyk tog dat mense onder andere geleerdes van mening is dat blog veral goed is vir die joernalis-leser verhouding.  Ek het dit goed gedink om  bietjie te gaan navors oor watter waarde gereelde blogging vir  ons as aspirante joernaliste (kommunikasie student) inhou.

Die definisie van blogging is ‘n maklik-om-te-skep webbladsy en persoonlike aanlyn joernaal wat refleksies, kommentaar en links na ander webtuistes bevat.

 Blogging gee die geleentheid vir geleerdes, ingeligtes, opvoeders en selfs dood gewone mense in Orania (laasgenoemde stelling is slegs vir oordrewe doeleindes en die skrywer skryf onder korreksie: dit is nou as daar internet beskikbaar is in hierdie area) die platform en geleentheid om hulle sê te sê asook die blootstelling aan die opinie van ander. Die verhouding wat blogging skep tussen opinie lewer en opinie ontvang is stimuleerend vir enige beroep wat te doen het met mense en die simbiose van die samelewing. Die sogenaamdenon-geleerdes en joernaliste wat blog komplimenteer mekaar omdat volgens huidige debat wat gevoer word en Wilson Lowrey skrywer van “Mapping the Journalism blogging relationship” wys doodgewone bloggers joernaliste se foute en swakpunte uit deur die soewereiniteit van joernalistiek te verminder en die geleentheid te bied vir persone om stories te plaas oor genres wat andersins afgeskeep word as gevolg van interne (die manier hoe joernaliste die definisie van probleme beheer en die oplossing van probleme) en eksterne konflik. Daar bestaan egter nie konflik as gevolg van hierdie kritiek deur bloggers nie, maar dit moedig eerder joernaliste aan om aandag te gee aan feitlike korrektheid en eerlikheid.  Hierdie genres sluit in stories wat deur non-elite gedryf word en wat gespesialiseerdeinhoud bevat. Blogging en joernalistiek verskil baie. Blogging is deelnemend, die toon is formeel en is oorlaai met opinie. Joernalisitek is akkuraat, feitlik, regverdig en objektief.   

Daar is deesdae in sekere oorsese lande universitiesgrade in blogging (en nee ek oordryf nie nou nie), konferensies en simposiums word gehou oor blogging en etiek kodes word tans ontwikkel asook wetlike berskerming.

Blogs hou stories lewendig deur stories te sirkuleer. Dit bied ook ‘n platform waar berigte vanuit nuwe oogpunte beskou kan word en bied verskeie insigte. Dit gee ook die geleentheid vir nuuskamers om meer deursigtig en bereikbaar te word. Lesers kan makliker stories beantwoord deur hulle eie gedagtes en opinies oor stories te vorm as gevolg van ‘n insiggewende blog wat hulle gelees het. Blogs is ook ‘n voertuig vir die bekend maak van emosies en eie denke waarvoor daar nie altyd ruimte is in tradisionele joernalistiek nie en dit bied ook die geleentheid aan lesers om joernaliste se denkpatroon/menings raak te sien asook hulle persoonlikheid in hulle skryfwerk.

Korporasies wat blog wys aan lesers en kliënte dat hulle nie bloot net monolities funksioneer nie, maar samewerkende individue is met verskillende standpunte en dat hulle werklik iets in gemeen het met hulle kliënte.

Blogging kan ‘n medium word waar oop, intelligente en produktiewe publieke bespreking gevoer word, maar hierdie denke is dalk effe te optimisties na my mening as gevolg van die feit dat mens deur so baie opinies gekonfronteer word en die kwessie van geloofwaardigheid steek ook kop uit.   

Dit is vir ons as kommunikasie studente belangrik om te besef wanneer joernalistiek ‘n proses (deur gebruik te maak van mediums soos blogging) word en nie ‘n statiese produk nie sal die gehoor nie meer voel soos bloot ‘n passiewe verbruiker nie, maar bemagtigde kollegas met gedeelde belange.

Bemagtig jouself…blog

-Elphia Baard

Skadeloos & Gevaarlik- Die gevolge van blog

Lede van die huis, vandag wil ek graag gesels oor die gevare wat die skynbaar skadelose praktyk van blogging behels. Watse skade, hoor ek jou dink, $17, 4 miljoen is in 2009 alleen aan skadevergoeding in die VSA bestee aan uitbetalings rakende kwessies rondom die gebruik van sosiale media platforms.

Verskeie klagtes is al voor die VSA se hooggeregshof, waaronder klagtes van laster die hoogste voorkoms van gevalle gehad het. Werknemers is ook in talle gevalle afgedank waar hulle blog oor die maatskappy waarvoor hulle werk. ‘n Voorbeeld hiervan is Mark Jen wat vir 10 dae by Google gewerk het voor hy afgedank is oor die publikasie van Google se geheime en finansies op sy persoonlike blog.

In sommige lande met onderdrukkende regimes is daar al fisiese arrestasies gemaak oor blogs wat gepubliseer is. Kareem Amer, ‘n Egiptiese blogger is vir ‘n periode van drie jaar trunk toe gestuur oor blogs van hom wat die Islamitiese geloof asook die Egiptiese president kritiseer.

‘n Verdere gevaar van blog, is die persoonlike gevaar van blog. As persoonlike inligting nie versigtig gebruik word nie, kan dit die blogger in gevaar stel. Daar is talle voorbeelde in die nuus van seksuele oortreders en reeks moordenaars wat hul slagoffers via blogs en ander sosiale media platforms soos Facebook bereik.

Die hoofkwessie ter sprake wanneer regsgedinge teen bloggers aangespreek word, is aanspreeklikheid. Bloggers het geen idée dat hulle 100% aanspreeklik gehou word vir dit wat hulle publiseer nie. ‘n Blog, al is dit ‘n persoonlike platform, word as ‘n kommersiële entiteit gesien.

Dus, geagte lede van die huis, is dit maklik om saam te stem dat blog soos ‘n porselein ornament hanteer moet word, eerder as die wilde bul wat ons wil hê dit moet wees. Daar bestaan nie werklik iets soos totale Vryheid van spraak nie.

Jou pa se advies blyk dus waar te wees: dink wat jy sê, dink wat jy doen en deesdae: dink wat jy tik. (die sleutelbord, nie die dwelm nie)

-George Lezer Germishuys

korporatiewe identiteit

Ek het nogals gedink hierdie is iets om te lees. Dit gaan oor wat korporatiewe identiteit is  en hoe dit moontlik gedefinieer kan word.

http://www.sun.ac.za/university/ciguidelines_new/ciguidelinesafrikaans/Inleiding/inleiding2.html 

Enjoy!