Agendastelling, menere

by thecorporategonzo

In ‘n telefoniese onderhoud met Prof Noam Chomsky van die Massachusetts Institute of Technology op 28 Augustus 2003 het hy bietjie mond uitgespoel oor die voorstelling van sake deur die media, asook die korporatiewe media.

Hy stel dat die publikasie van die boeke: Weapons of Mass Deception en Stupid White Men nie as ‘n alternatief vir die korporatiewe media in die VSA gesien kan word nie, hul is eerder boeke tussen nog meer boeke wat die funksionering van die media in die VSA, wat oorweldigend korporatief is, probeer verduidelik, en hoe dit as ‘n “tipe van propaganda masjien funksioneer.”

In die VSA is daar protesaksies wat baie ondersteuning geniet wat gekant is teen die feit dat eienaarskap van die media slegs in ‘n paar hande gekonsentreer is. Die gevolg hiervan is dat bietjie diversiteit in die media wat reeds skaars bestaan, nog verder ingeperk word. Die bogenoemde boeke is dus nie ‘n alternatief tot korporatiewe media nie, maar eerder is hulle deel van ‘n voortgesette “struggle” om alternatiewe te bou, of om die media (korporatiwe media ingesluit) te forseer om in ‘n meer eerlike manier te funksioneer.

Verdere bewyse van agendastelling in die media, asook die korporatiewe media is die verskynsel van totale voortgesette ondersteuning vir die regerende regime in stadiums van konflik. Bv. Die Amerikaanse pers se amperse godsdienstige ondersteuning van die Bush administrasie tydens die begin stadiums van die Afghanistan en Iraq invalle, asook hul voortgesette ondersteuning van die Vietnam konflik, terwyl dit duidelik geblyk het dat dit nie die sentiment is wat die publiek ook deel nie, bewyse hiervan is die protes aksies wat in die VSA van stapel gestuur is teen die konflikte. As die pers so optree kan mens seersekerlik argumenteer dat die pers sy magsperke oorskry.

Chomsky stel egter dat dit ‘n moeilike situasie is. “An independant press would, of course not function in that fashion.” Gedurende die bogenoemde gevall was die pers basies ‘n verlenging van staats beleid, maar dis niks nuuts nie. Dit gebeur tydens omtrent elke gewapende konflik, of enige voorbeeld van konfrontasie dat die pers die belange van die staat bevorder. Chomsky stel verder dat die staat daarna neig om binne die raamwerk van die staats masjinerie in so ‘n situasie te funksioneer.

Die ooglopende vraag wat na aanleiding hiervan gevra kan word, is die moreel en etiese kwessies hieraan verbonde. Wat is dit werd as ons op papier vryemark, liberale demokrasiee is, maar die vryhheid van die pers word ingeperk om ‘n verlenging van staats beleid te wees. Wat is die funksie van die pers as die stem van die massa geignoreer word en daar namens rand en sent gepropogeer word. Wat is die nut?

Dit is hier waar ons by die essensie van die saak uitkom, ‘n media instelling sal nooit werklik onafhanklik wees voor dit nie van die juk van rand en sent ontslae kan raak nie. Dit geld korporatiewe media nog meer. ‘n Korporatiewe media publikasie sal nooit oor die werklike stand van sake in ‘n maatskappy sake doen nie, omdat dit, in essensie, ‘n propaganda blad is.

Ten slotte kan mens vra, maar wil mens op hoogte wees van alles, wil ons werklik alles weet? Of is dit te lekker in ons middelklas bubble van Afrikaanswees? Moet ons aanhou om die regering of iemand met ‘n agenda aan te stel om hekwagter te speel?

Ek weet nie, ek vra jou, maar ek wil weet.

Dankie.
George Lezer Germishuys

Advertisements