Pateties politiek korrek- George L. Germishuys

by thecorporategonzo

So, in een van die mees irriterende dae in onlangse geskiedenis, ek raak maklik geirriteerd so ek het baie van hulle, sit ek in my derdejaars politieke filosofie klas en moet ek na (oningeligte) menings luister oor die bohaai oor die skildery van ons land president wat nuuswaardigheid behaal oor die president se man business uithang. Ek wil nou nie soos ‘n bitterbek klink nie, maar is dit nie hoe ons president in die eerste plek bekendheid verwerf het nie?

Terug by die punt, in hierdie klas moes ek toe luister hoe klaarblyklik opgevoede individue (hulle is immers op Universiteit) stel dat vryheid van spraak ingeperk word om die president se menswaardigheid te beskerm. “Askuus??” het ek met behulp van uiters lelike vloekwoorde gedink. Is dit hoe ver ons sedert 1994 gekom het? Het ek ‘n liberale grondwet en slaggate in my pad net om te sien hoe my tydgenote gewillig is om vryheid van spraak by die ruit uit te gooi ter ere van ‘n man met ‘n gr 3 opvoeding? Is die grondwet werklik net ‘n stuk papier wat deur die politici gebruik word om hulself my af te vee, lyk my nou kan dit gebruik word om studente se onkundige snert ook van hul mondhoeke mee af te vee. Daarna kan dit in die hoek gegooi word, en nader geroep word as ons weer kan toyi-toyi. Ooo, maar dit gaan lekker in die beloofde land.

Politici in Amerika word genadeloos gasatiriseer op programme soos Saturday Night Live, en sien dit as deel van hul lewe as publieke figure. Ons politici het nog nie daai sprong gemaak nie, die publiek ook nie.

Met alles in ag genome het my gedagtes hierna verskuif na wat die invloed hiervan op die korporatiewe omgewing is. Wat is die invloed van oordrewe politieke korrektheid op die individu in die werkplek. Stres, sal ‘n mens kan argumenteer. Migraine broeiende stres en spanning, na dae aaneen, dag na dag se geluister na sinnelose snert en tierlantyntjie versierde woorde om te dans om die details. My Oupa, ‘n vreeslike eksentrieke man, en na wat ek kan agterkom ‘n drenkeling, het altyd deur sy Texan rook en Harrier whisky damp vir my gese: “Van (my naam) Call a spade a spade.” Ek sal dit nooit vergeet nie.

Mens moet ‘n ding noem op sy naam, dis die eerste stap om die kwaal te ontwortel. Partykeer moet mens net F*K se, maar sien mens kan dit nie eers tik nie.

Dankie Verwoerd, De Klerk, Mandela,Mbeki en Zuma. Dankie vir niks Suid Afrika.

Advertisements