thecorporategonzo

Just another WordPress.com site

Kreatiwiteit deur koerante te bekrap.

Ek’s al vir maande op die “wees kreatief”-trein.  Ek raak vinnig verveeld met bladuitleg en skryf, veral as ek stories oor kersfees of paasfees of skoonheidskompetisies kreatief moet doen.  Daarom lees ek (soos ‘n masjien) dinge wat my uitdaag en uit die boks laat dink.

 

My held (in terme van kreatief dink) is Austin Kleon. Hy beskryf homself as “a writer who draws”.  Sy projekte is belaglik (in ‘n goeie manier).  My gunsteling is egter “Newspaper Blackout Poems”.  Ek lief musiek, feeste, en om te kan reis, en in sy SXSW-tema “Newspaper Blackout” (SXSW staan vir South By SouthWest, wat ‘n musiekfees is, vir die wat wonder) breek hy weer my brein.  Sien hoekom hier.

 

 

Ek’s weereens jaloers.  Volg hom egter op Twitter, kyk sy Tumblr, of bly maar eenvoudig en vervelig.

 

-Jacques Cilliers

Wat moet Korporatiewe Kommunikasie in ‘n organisasie doen?

Volgens die Internasionale Korporatiewe Kommunikasie organisasie moet korporatiewe kommunikasie in ‘n optimaal funksionerende organisasie die volgende verrig:

– Sterk korporatiewe kultuur kweek

– Koherente korporatiewe identiteit skep.

– Geskikte korporatiewe filosofie struktureer.

– Goeie korporatiewe burgerskap kweek.

– Gesonde verhoudings met die pers skep.

– Vinnige en verantwoordelike maniere van kommunikasie krisis bestuur kan doen.

– Kommunikasie tegnieke en tegnologie verstaan.

– Gesofistikeerde benadering teenoor globale kommunikasie he.

Die manier hoe ‘n organisasie met werknemers, media en belangegroepe kommunikeer bring die organisasie se waardes en filosofie na vore.

Elphia Baard

10 van die bestes- Die beste korporatiewe blogs

In ‘n onlangse artikel wat ek raak gelees het, het op www.businessgrow.com het Mark W Schaefer gestel dat hy op die tien beste korporatiewe blogs ter wereld besluit, terwyl hy ‘n sosiale media bemarkings program by Rutgers Universiteit aangebied het. Hy het deur honderde blogs gewerk wat deel vorm van die spreekwoordelike steenkool hoop wat blogging vandag is, om met ‘n paar diamante vorendag te kom.

Voor die top tien aangekondig word, is daar ‘n paar algemene observasies wat hy gemaak het. Die eerste is dat die beste blogs gedomineer word deur die “tech” sektor. Hy stel dat hulle so ver voorloop dat dit onregverdig is om hulle met die res te vergelyk. Die speelveld is ongelyk. Dis soos om die WP teen die Kimberley polisie ‘n rugby wedstryd te laat speel, en hulle te blinddoek en die halfjack vir na die tyd vir hulle voor die tyd in te jaag en om Schalk se ritalin weg te steek. ‘n Baie slegte idee. IBM, SAP en Oracle is volgens hom voorbeelde van innoverende en uitstekende blogs. Tweedens het korporatiewe blogging heeltemal aanbeweeg vanaf die idee van blogging vir joernaal inskrywings.

Die blogs wat dus op hierdie meriete lys verskyn is “non-tech” blogs, omdat “tech” blogs te ver gevorderd is.

Caterpillar, die van stootskraper en klere en bootse faam, het ‘n uitstekende blog met die doel van probleemoplossing, gemeenskaps-bou en lojaliteit. Caterpillar het aparte blogs gebaseer op industrie gestig, met sub-kategoriee vir elke industrie, bv. produkte, veiligheid en probleem oplossing. Die maatskappy maak uitstekende werk daarvan ok hul teikenmark te bereik, om die gemeenskap te gebruik om probleme op te los en om kliente idees te vergoed.

‘n Tweede uitstekende korporatiewe blog is Starbucks s’n. Die doel van die blog is nuwe produk ontwikkeling en om die publiek te betrek. Starbucks is die voorlopers met sosiale media bemarking. Hulle gebruik hul blog as ‘n “global brainstorming platform” Kliente gee idees vir nuwe produkte en selfs winkel ontwerp. Die maatskappy blog oor die idee’s, omtrent 100 000 tot dusver en die lesers bou op hierdie idees deur kommentaar.

‘n Derde voorbeeld van ‘n goeie korporatiewe blog is die van Patagonia, ‘n buitelug klere handelsmerk. Die doel van hul blog is om die handelsmerk beeld te komplementeer en om die gemeenskap te betrek. Die maatskappy verkoop avontuur klere, asook die avontuur.Mens moet verlief wees op ‘n blog met ‘n deel getiteld: “waking up puking.” Die cool ding van blog is dat dit mens se kliente in staat stel ommens se handelsmerk belofte deur hulle stories te dra, en hierdie blog stel hulle in staat om dit te doen.

Dis net drie van die voorbeelde, as jy al tien wil sien, tjek die link. Dis nogal stout: http://www.businessesgrow.com/2011/01/05/the-10-best-corporate-blogs-in-the-world/

George Germishuys

HOEKOM MOET ONS BLOG?

Ek gaan dit erken ek het ‘n groot vet sug gekreun toe ek hoor ons moet op ‘n daaglikse basis blog.  Ek weet nie wat blog is nie. Ek weet nie hoe blog ‘n mens nie.  Ek het nog nooit ‘n blog gelees nie en nou moet ek blog. Blog is na my mening nie eers ‘n lekker woord nie. Dit blyk tog dat mense onder andere geleerdes van mening is dat blog veral goed is vir die joernalis-leser verhouding.  Ek het dit goed gedink om  bietjie te gaan navors oor watter waarde gereelde blogging vir  ons as aspirante joernaliste (kommunikasie student) inhou.

Die definisie van blogging is ‘n maklik-om-te-skep webbladsy en persoonlike aanlyn joernaal wat refleksies, kommentaar en links na ander webtuistes bevat.

 Blogging gee die geleentheid vir geleerdes, ingeligtes, opvoeders en selfs dood gewone mense in Orania (laasgenoemde stelling is slegs vir oordrewe doeleindes en die skrywer skryf onder korreksie: dit is nou as daar internet beskikbaar is in hierdie area) die platform en geleentheid om hulle sê te sê asook die blootstelling aan die opinie van ander. Die verhouding wat blogging skep tussen opinie lewer en opinie ontvang is stimuleerend vir enige beroep wat te doen het met mense en die simbiose van die samelewing. Die sogenaamdenon-geleerdes en joernaliste wat blog komplimenteer mekaar omdat volgens huidige debat wat gevoer word en Wilson Lowrey skrywer van “Mapping the Journalism blogging relationship” wys doodgewone bloggers joernaliste se foute en swakpunte uit deur die soewereiniteit van joernalistiek te verminder en die geleentheid te bied vir persone om stories te plaas oor genres wat andersins afgeskeep word as gevolg van interne (die manier hoe joernaliste die definisie van probleme beheer en die oplossing van probleme) en eksterne konflik. Daar bestaan egter nie konflik as gevolg van hierdie kritiek deur bloggers nie, maar dit moedig eerder joernaliste aan om aandag te gee aan feitlike korrektheid en eerlikheid.  Hierdie genres sluit in stories wat deur non-elite gedryf word en wat gespesialiseerdeinhoud bevat. Blogging en joernalistiek verskil baie. Blogging is deelnemend, die toon is formeel en is oorlaai met opinie. Joernalisitek is akkuraat, feitlik, regverdig en objektief.   

Daar is deesdae in sekere oorsese lande universitiesgrade in blogging (en nee ek oordryf nie nou nie), konferensies en simposiums word gehou oor blogging en etiek kodes word tans ontwikkel asook wetlike berskerming.

Blogs hou stories lewendig deur stories te sirkuleer. Dit bied ook ‘n platform waar berigte vanuit nuwe oogpunte beskou kan word en bied verskeie insigte. Dit gee ook die geleentheid vir nuuskamers om meer deursigtig en bereikbaar te word. Lesers kan makliker stories beantwoord deur hulle eie gedagtes en opinies oor stories te vorm as gevolg van ‘n insiggewende blog wat hulle gelees het. Blogs is ook ‘n voertuig vir die bekend maak van emosies en eie denke waarvoor daar nie altyd ruimte is in tradisionele joernalistiek nie en dit bied ook die geleentheid aan lesers om joernaliste se denkpatroon/menings raak te sien asook hulle persoonlikheid in hulle skryfwerk.

Korporasies wat blog wys aan lesers en kliënte dat hulle nie bloot net monolities funksioneer nie, maar samewerkende individue is met verskillende standpunte en dat hulle werklik iets in gemeen het met hulle kliënte.

Blogging kan ‘n medium word waar oop, intelligente en produktiewe publieke bespreking gevoer word, maar hierdie denke is dalk effe te optimisties na my mening as gevolg van die feit dat mens deur so baie opinies gekonfronteer word en die kwessie van geloofwaardigheid steek ook kop uit.   

Dit is vir ons as kommunikasie studente belangrik om te besef wanneer joernalistiek ‘n proses (deur gebruik te maak van mediums soos blogging) word en nie ‘n statiese produk nie sal die gehoor nie meer voel soos bloot ‘n passiewe verbruiker nie, maar bemagtigde kollegas met gedeelde belange.

Bemagtig jouself…blog

-Elphia Baard

Skadeloos & Gevaarlik- Die gevolge van blog

Lede van die huis, vandag wil ek graag gesels oor die gevare wat die skynbaar skadelose praktyk van blogging behels. Watse skade, hoor ek jou dink, $17, 4 miljoen is in 2009 alleen aan skadevergoeding in die VSA bestee aan uitbetalings rakende kwessies rondom die gebruik van sosiale media platforms.

Verskeie klagtes is al voor die VSA se hooggeregshof, waaronder klagtes van laster die hoogste voorkoms van gevalle gehad het. Werknemers is ook in talle gevalle afgedank waar hulle blog oor die maatskappy waarvoor hulle werk. ‘n Voorbeeld hiervan is Mark Jen wat vir 10 dae by Google gewerk het voor hy afgedank is oor die publikasie van Google se geheime en finansies op sy persoonlike blog.

In sommige lande met onderdrukkende regimes is daar al fisiese arrestasies gemaak oor blogs wat gepubliseer is. Kareem Amer, ‘n Egiptiese blogger is vir ‘n periode van drie jaar trunk toe gestuur oor blogs van hom wat die Islamitiese geloof asook die Egiptiese president kritiseer.

‘n Verdere gevaar van blog, is die persoonlike gevaar van blog. As persoonlike inligting nie versigtig gebruik word nie, kan dit die blogger in gevaar stel. Daar is talle voorbeelde in die nuus van seksuele oortreders en reeks moordenaars wat hul slagoffers via blogs en ander sosiale media platforms soos Facebook bereik.

Die hoofkwessie ter sprake wanneer regsgedinge teen bloggers aangespreek word, is aanspreeklikheid. Bloggers het geen idée dat hulle 100% aanspreeklik gehou word vir dit wat hulle publiseer nie. ‘n Blog, al is dit ‘n persoonlike platform, word as ‘n kommersiële entiteit gesien.

Dus, geagte lede van die huis, is dit maklik om saam te stem dat blog soos ‘n porselein ornament hanteer moet word, eerder as die wilde bul wat ons wil hê dit moet wees. Daar bestaan nie werklik iets soos totale Vryheid van spraak nie.

Jou pa se advies blyk dus waar te wees: dink wat jy sê, dink wat jy doen en deesdae: dink wat jy tik. (die sleutelbord, nie die dwelm nie)

-George Lezer Germishuys

korporatiewe identiteit

Ek het nogals gedink hierdie is iets om te lees. Dit gaan oor wat korporatiewe identiteit is  en hoe dit moontlik gedefinieer kan word.

http://www.sun.ac.za/university/ciguidelines_new/ciguidelinesafrikaans/Inleiding/inleiding2.html 

Enjoy!

En daar skuif my denke rondom kreatief dink.

In 2011 het daar effe van ‘n storm in Suid-Afrika losgebars nadat plaaslike mediavryheid bedreig was. Te midde van hierdie storm het die res van die wêreld nie stilgestaan nie, en sukkelende 37-jarige “musikante” (met die nog hartseerder en onoorspronklike naam LMFAO) het die treffer* Everyday I’m shuffling uitgereik, en was (in 2011) die most downloaded liedjie van 2011 op iTunes.

'n Snapshot uit die video.

Hoe kom ‘n storm rondom persvryheid en kommersiële musiek bymekaar uit? ‘n Groep vriende van die Snorstad wat hulself die Avantgods noem het LMFAO se treffer* omskep in ‘n stywe stuk sosiale kommentaar deur Everyday I’m shuffling in Everyday Mshini Wam te verander. Hierdie video het viral gegaan binne ‘n week, en gemengde reaksies van verskillende oorde het die Avantgods geloof en afgeskiet. (Vir die wat nie weet wat Mshini Wam beteken/waarmee dit geassosieer word nie, hier’s die Wikipedia artikel.)

Dis verfrissend om te sien hoe iemand sosiale onreg aanspreek, terwyl hulle pret het. Ek leer by hulle, no spice.

Om die musiekvideo te kyk (en selfs die liedjie af te laai), kliek hier.

Ek dink (persoonlik) dis rad. Culture Jamming? Ek dink so.
(*met “treffer” bedoel ek natuurlik klankbesoedeling.)

– Jacques Cilliers

Agendastelling, menere

In ‘n telefoniese onderhoud met Prof Noam Chomsky van die Massachusetts Institute of Technology op 28 Augustus 2003 het hy bietjie mond uitgespoel oor die voorstelling van sake deur die media, asook die korporatiewe media.

Hy stel dat die publikasie van die boeke: Weapons of Mass Deception en Stupid White Men nie as ‘n alternatief vir die korporatiewe media in die VSA gesien kan word nie, hul is eerder boeke tussen nog meer boeke wat die funksionering van die media in die VSA, wat oorweldigend korporatief is, probeer verduidelik, en hoe dit as ‘n “tipe van propaganda masjien funksioneer.”

In die VSA is daar protesaksies wat baie ondersteuning geniet wat gekant is teen die feit dat eienaarskap van die media slegs in ‘n paar hande gekonsentreer is. Die gevolg hiervan is dat bietjie diversiteit in die media wat reeds skaars bestaan, nog verder ingeperk word. Die bogenoemde boeke is dus nie ‘n alternatief tot korporatiewe media nie, maar eerder is hulle deel van ‘n voortgesette “struggle” om alternatiewe te bou, of om die media (korporatiwe media ingesluit) te forseer om in ‘n meer eerlike manier te funksioneer.

Verdere bewyse van agendastelling in die media, asook die korporatiewe media is die verskynsel van totale voortgesette ondersteuning vir die regerende regime in stadiums van konflik. Bv. Die Amerikaanse pers se amperse godsdienstige ondersteuning van die Bush administrasie tydens die begin stadiums van die Afghanistan en Iraq invalle, asook hul voortgesette ondersteuning van die Vietnam konflik, terwyl dit duidelik geblyk het dat dit nie die sentiment is wat die publiek ook deel nie, bewyse hiervan is die protes aksies wat in die VSA van stapel gestuur is teen die konflikte. As die pers so optree kan mens seersekerlik argumenteer dat die pers sy magsperke oorskry.

Chomsky stel egter dat dit ‘n moeilike situasie is. “An independant press would, of course not function in that fashion.” Gedurende die bogenoemde gevall was die pers basies ‘n verlenging van staats beleid, maar dis niks nuuts nie. Dit gebeur tydens omtrent elke gewapende konflik, of enige voorbeeld van konfrontasie dat die pers die belange van die staat bevorder. Chomsky stel verder dat die staat daarna neig om binne die raamwerk van die staats masjinerie in so ‘n situasie te funksioneer.

Die ooglopende vraag wat na aanleiding hiervan gevra kan word, is die moreel en etiese kwessies hieraan verbonde. Wat is dit werd as ons op papier vryemark, liberale demokrasiee is, maar die vryhheid van die pers word ingeperk om ‘n verlenging van staats beleid te wees. Wat is die funksie van die pers as die stem van die massa geignoreer word en daar namens rand en sent gepropogeer word. Wat is die nut?

Dit is hier waar ons by die essensie van die saak uitkom, ‘n media instelling sal nooit werklik onafhanklik wees voor dit nie van die juk van rand en sent ontslae kan raak nie. Dit geld korporatiewe media nog meer. ‘n Korporatiewe media publikasie sal nooit oor die werklike stand van sake in ‘n maatskappy sake doen nie, omdat dit, in essensie, ‘n propaganda blad is.

Ten slotte kan mens vra, maar wil mens op hoogte wees van alles, wil ons werklik alles weet? Of is dit te lekker in ons middelklas bubble van Afrikaanswees? Moet ons aanhou om die regering of iemand met ‘n agenda aan te stel om hekwagter te speel?

Ek weet nie, ek vra jou, maar ek wil weet.

Dankie.
George Lezer Germishuys

Kom ek toe op “kommin”-ness af.

Okay, so hier sit ek op ons eie kampus in die sogenaamde bekende en gerugte Spinnekop-gebou wat ‘n volle 6 mense teenwoordig het. Nie regtig ‘n idee waar om ‘n post vir my blog te begin nie, begin ek toe rond dwaal op die internet (let wel, suiwer onskuldige dinge, anders as die siel met die blou Von Zipper kepsie en tatoeermerk op sy onderarm wat homself skuins oorkant my bevind en gereeld so oor sy skouer loer om seker te maak niemand sien wat hy doen nie).

Hier kom ek toe af op ‘n blog wat deur een of ander Blou Bul ondersteuner geskep is. Die titel skreeu sommer in jou gesig “NOU DIE BLOU!!!!” Aangesien ek self die span ondersteun besluit ek om die blog bietjie oop te maak en te sien wat aangaan. Eerstens gaan ek my opinie lig dat ek glo die persoon wat die blog begin het die regte idee het oor hoe om mense te trek en die navigering op die bladsy is heel eenvoudig en effektief- alles wat ‘n oomie wat ‘n bier op sy pens kan rus met die bakkie biltong byderhand op ‘n Saterdagmiddag sal begeer. En nou kom ek by die inhoud… Ek word toe oorval met foto’s van jong dames in kort rompies en ‘n opskrif wat sê “Crusaders Cheerleaders.”

As ek na onder “scroll” vermeerder die dames met die kort rompies en word elke span in die Super Rugby reeks se rasieleiers uitgebeeld. Die res van die blog handel nie werklik oor veel meer as alles wat niks regtig met rugby uit te waai het nie, maar meer wat op die kantlyne gebeur en glad nie die spelers insluit nie, maar eerder net FHM-modelle. Ek moes ongelukkig net weer tot die besef kom dat alle spanne het maar sy sogenaamde “kommin” ondersteuners, maar dit wil voorkom as of Blou Bul ondersteuners net ‘n skouerhoogte bo die res sal uitsteek wat dit aanbetref, maar nou ja ek kan niks daaraan doen nie. Daar is potensiaal om ‘n uitstekende blog te hê vir al daardie gretige mense wat Loftus Versfeld so kan pak, maar eenvoudig word dit nie benut nie. Kom ons poog tog om ‘n beter blog (al dan nie oor rugby) hier te skep. Ek gaan nou terugstap na my blougeverfde Nissan Almera wat horings vir Antennas het en sulke blou goed wat hang waar die sleephak is of veronderstel is om te wees. Steve se liedjie sal kliphard oor die luidsprekers geblaas word en ‘n blou vlag by die vensters uitgehang word, want dis hoe ons “roll!”

– Wim Pretorius

Hulle sê ‘girls’ met ‘curves’ is in…

Ek het my onlangs weer in ‘n ongemaklike, maar tog deesdae algemene sosiale (eerder onsosiale) verskynsel bevind. Ek was besig om vir ‘n anonieme organisasie verteenwoordiger raad te vra, maar moenie dink sy luister na my nie sy was eerder besig om die wêreld tikspoed rekord so reg onder my neus te verbreek op haar nuwe Blackberry Curve. Hulle se “girls” met “curves” is in (en nee, hulle verwys nie na jou agterstewe of uurglas figuur nie). Tydens hierdie klap van die sosiale vuis in die gesig het ek ‘n helder oomblik gehad: Is dit die tipe sosiale vaardighede en etiket wat ons kweek en aanmoedig? Gaan ons as jong werkendes in die organisasie opset wanneer medekollegas en kliënte met ons kommunikeer op ons foon of rekenaar rond skarrel? Hierdie onsosiale gedrag hinder die vorming van die organisasie se beeld, interne belange verhoudings, korrekte kommunikasie lyne en  mediaverhoudings.    

Die jeug en die res van die samelewing ly nie meer aan kwale soos tennis elmboog of atleetsvoet nie, maar eerder aan kwale soos tikvinger  en die klein witgoedjies wat soms in die hoeke van jou oë vorm en so vêr my kennis strek is daar nog nie ‘n salfie te smeer of ‘n pilletjie te drink daarvoor nie.  In ‘n tyd voor Facebook, mxit, whatsapp, twitter, myspace en BBM moes jy jou kêrel in sy gesig afsê daar was nie die luuksheid van ‘n gratis BBM afsê nie, jou stalker moes moeite doen en jou in Pick a Pay volg en nie net op Twitter nie, jy kon buite speel eerder as op jou rekenaar en jy het nie vir almal geluk op hulle verjaarsdag gesê bloot net omdat Facebook jou pligsgetrou van hulle verjaarsdag ingelig het nie. Tog is daar ook voordele aan hierdie infrastruktuur van sosiale netwerke: Jy leer om te tik en te bestuur, om te ‘message’ en geintresseerd te lyk in wat jou vriendin vir jou vertel (al het jy geen  idee waarvan sy nou praat nie.), om teen bomenslike spoed te tik èn nou kan jy die outjie wat jy by die kafee sien kaasbuns koop het op Facebook ‘invite’.  Al hierdie kuber kommunikasie metodes maak wel die wêreld vir ons almal makliker en maak dit soveel eenvoudiger om bereikbaar en op hoogte te bly, maar die feit bly staan dit gee ‘n onpersoonlike atmosfeer aan jou boodskap. Die sleutel lê egter daarin om onderskeid te kan tref tussen wanneer om van die tegnologie gebruik te maak en wanneer om ‘n persoonlike boodskap te stuur. Dit is ook belangrik om dit te onthou in ‘n organisasie opset en selfs wanneer jy die organisasie nuusbrief of publikasie saam stel. Werknemers se moraal en dus werksprestasie word verhoog wanneer hulle voel hulle is nie net nog ‘n ontvangkant van ‘n ketting e-pos, verjaarsdagkaartjie van die “admin” departement of koue publikasie  nie en dieslefde geld vir kliënte. Daarom is dit belangrik vir organisasie beeld, interne belangeverhoudings, werkenemer- en kliënte verhoudings om van tyd tot tyd persoonlike boodskappe te stuur. Dit is bealngrik veral in ‘n groot organisasie om die mens tot mens kontak te behou.

My gevolgtrekking is ‘n universele een en kan toegepas word op die persoonlike so wel as die organisasie lewe:  Vergeet bietjie van hoeveel BBM kontakte jy het, wat jou ‘status’ op Facebook is, hoeveel volgers jy op Twitter het en hou op wonder of almal die ketting e-pos ontvang  het.  Kyk nie deur ‘n skerm na jou lewe (of organisasie) nie, leef bietjie buite die kuberruim.  Jy hoef nie vriende en kennisse op people you may know te soek nie, daar is soveel lekker vriende en kollegas wat jy alreeds ken, doen bietjie moeite kom persoonlik by hulle uit eerder as om ‘n gratis ketting boodskap te stuur! So gesels bietjie met jou kollegas 1 tot 1 en gee hulle ‘n real life high 5 of ‘n ginger punch..whatever!

– Elphia Baard