‘n Mening oor menings

by thecorporategonzo

George Germishuys

Om ‘n mening van jou eie te opper is deesdae ‘n baie hipster ding. Kinders word van vroeg af aangeraai om vir hulself te dink, en hul eie opinies te gee. Maar wat is ‘n opinie nou eintlik? Is daar iets soos ‘n opinie van jou eie? Nee, nee daar is nie.

Waar kry iemand ‘n mening, ‘n opinie? Nie by hul eie oortuiging nie, maar eerder by ‘n metaforiese opinie winkel. Hierdie winkel wat bestaan uit massa media, flieks, televisie, musiek, politiek, wat my ma dink, wat my pa dink, wat die cool kids dink en wat Kim Kardashian dink.

‘n Voorbeeld om my mening oor menings te staaf, is die “Occupy” en “Invisible Children” veldtogte. Hoekom het dit so baie aandag geniet? Nie omdat elke liewe hoodrat met ‘n flatbrim hat ‘n universele besef gehad het dat kindersoldate nie cool is nie, nee. Omdat daar ‘n lekker video was wat op Facebook die heeltyd repost is.

Ons word vertel wat om te dink, en wat om vir ander te vertel. Dis hoe dit is, en dit hoe dit altyd was. ‘n Mening is niks, ‘n mening bestaan nie. As jy verskil, is dit jou mening.

Maar hierdie is myne.